Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Jaargang 24 - Nommer 5 - 13 Februarie 2026
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • INformasie vir kerkrade oor die Predikante SAAMkoms
  • Wat sit agter die voller kerkbanke in Swede?
  • VBO en vakatures
  • Leraars beweeg

Inligting vir kerkrade

Predikante SAAMKOMS 24-28 Augustus 2026

'n Skrywe is pas aan kerkrade in Oos-Kaapland gerig met inligting oor die Predikante SAAMkoms van 24-28 Augustus 2026 te ATKV Goudini naby Worcester in die Wes-Kaap.

Die brief bevat inligting oor die aard en fokus van die SAAMkoms (gerig op predikante en diensleraars). Dit moedig ook kerkrade aan om hul leraar(s) die geleentheid te gun om hierdie byeenkoms by te woon, en waar moontlik ondersteuning te bied met verblyfkostes.

Lees die skrywe hier.

Wat sit agter die voller kerkbanke in die sekulêre Swede?

Na dekades waarin kerke in lande soos Swede al hoe leër geword het, wys nuwe syfers op ’n verrassende ommekeer. Al hoe meer mense sluit weer by kerke aan en woon eredienste by.

Die Sweedse teoloog Joel Halldorf vra: Wat het verander? In die 1970’s en 1980’s was dit byna vanselfsprekend om nié kerk toe te gaan nie. Godsdiens is as uitgedien beskou en vertroue in wetenskap en vooruitgang het oorheers. Teen 2000 het slegs ’n klein minderheid Swede kerk toe gegaan.

Maar sedert 2010 groei belangstelling in geloof weer. Kerkbywoning het merkbaar toegeneem, jongmense praat weer oor Jesus, en selfs sekulêre media gee aandag aan teoloë. Wat lê agter hierdie kultuurskuif? En wat kan ander Westerse lande hieruit leer?

Helene Meissenheimer van Kerkbode vertel die verhaal. Lees verder om meer te ontdek.

Voorbidding en pastorale versorging

Bek-en-klouseer – nie net die boer se probleem nie

Uitbrake van bek-en-klouseer kom sedert 2024 onder meer in die Oos-Kaap voor en raak boerderygemeenskappe ingryend

Suid-Afrika ervaar tans een van die ergste bek-en-klouseer-uitbrekings in die geskiedenis. Hierdie gevreesde siekte is ’n uiters aansteeklike virussiekte wat hoefdiere affekteer. Dit word deur direkte kontak tussen diere, in die lug, maar ook deur klere, skoene en voertuie versprei. Tans is dit veral melkbees- en varkboere wat die meeste hierdeur geraak word.

Daar is geen direkte geneesmiddel teen bek-en-klouseer (BKS) nie en dus is biosekuriteit die grootste prioriteit. In kort beteken dit voorkoming is beter as genesing. Boere se stryd is dus om die siekte van hul plase af te hou. Die siekte word tans grootliks deur kwarantyn en bewegingsbeheer bestuur. Voertuie se wiele moet eers deur ’n spuit ontsmet word en passasiers moet op ’n ontsmettingsmatjie staan voor jy die perseel mag betree.

Indien hierdie krisis nie reg bestuur word nie, kan dit verwoestend wees en talle boere kan as gevolg daarvan finansieel ondergaan. Die graad van die krisis verskil tans van provinsie tot provinsie, maar die bedreiging is steeds daar. Feit is egter dat boere in uiterste gevalle massaslagtings van hul kudde moet oorweeg.
Die groot uitdaging is tans kontantvloei en volhoubaarheid. Vanweë die geweldige aansteeklikheid van die siekte kan verskeie boere nie vee veilings toe neem en verkoop nie. Dit plaas reuse druk op boerderye.

Oor die breë ekonomiese impak hiervan hoef ons nie te wonder nie. Suid-Afrika is ’n groot uitvoerland wat vleis betref. Indien BKS buite beheer is, sal dit ons uitvoere knou.
Voorkomende entstowwe is nou dringend nodig. Vroeër het die staat oor ’n sterk enstofvervaardigingsvermoë by Onderstepoort beskik. Ongelukkig is dit tans as gevolg van ’n gebrek aan kundigheid nie meer die geval nie. Rolspelers in die privaatsektor kan of behoort ’n groter rol te speel aangesien daar voldoende kundigheid in die privaatsektor is.

Met die skryf van dié artikel is daar bekend gemaak dat ’n beperkte hoeveelheid entstof wat in Suid-Afrika vervaardig is, dadelik na provinsies versend kan word. Dit is ongelukkig egter maar ’n druppel in die emmer. Massaversending van entstof uit Turkye en Argentinië – wat ongelukkig nog eers deur goedkeuringsprosesse van die regering moet kom – is egter volgens kundiges die langtermynoplossing.

Die omvang van die krisis is groot en dit geld op vele terreine vir boere, tussengangers en verbruikers. Van die Kerk se kant af moet ons bedag wees op hierdie stand van sake. Ons word geroep om ons boere in hierdie krisistyd met gebed, pastorale steun en elke denkbare middel tot ons beskikking te ondersteun. Elke gemeente word opgeroep om in te tree. Ons uitreik na boere behoort met insig, begrip en deernis gepaard te gaan.

Ons boere en hul kosbare arbeid word nie aldag na waarde geskat nie. Die impak wat hulle maak, raak letterlik ons daaglikse inkopies, verbruik en welwese. Indien BKS nie reg bestuur word nie, kan dit ’n ramp veroorsaak wat talle boere wat reeds uitdagende landboufaktore in die gesig staar, hard sal tref.

Ons as Kerk en veral gemeentes in boerderygemeenskappe het nou die taak om te luister en pastorale bystand te verleen waar stres, wantroue en dalk moedeloosheid begin intree. Ons dra ons land se boere met al die spanning wat met boerdery gepaard gaan opnuut aan ons hemelse Vader op.

Ds Hennie van der Linde (Oorgeneem uit Blitspos, e-nuusbrief van die NHKA)

DinkJeug deel hulpbrone vir Lydenstyd

DinkJeug begin hierdie week met ‘n reeks spesiaal ontwikkel vir Lydenstyd.

7 Gewoontes vir Lydenstyd verskaf inhoud wat tydens eredienste gebruik kan word, ongeag die tema of teks. Die reeks se inhoud stem ook ooreen met DinkJeug se Huisgeloof app.

Bronne:

Klik hier vir Vier die Kerkjaar (Gewoonte 1)

Klik hier vir Familie Huisgeloof Tuisblad: 15 Februarie 2026 (Vier die kerkjaar)


Nuwe publikasie

Gebedeboek deur prof. Nico Koopman

CLF Uitgewers se jongste publikasie, In Biddende Verbondenheid – Biddend heeljaar lank, deur Prof Nico Koopman, is nou beskikbaar.

Oorsig:
Vir meer as ’n dekade het prof. Nico Koopman sy geloofsreis met ander gedeel deur daaglikse gebede – gewortel in die Skrif, gevoed deur die werklikheid van die openbare lewe, en deurdrenk met die pyn én die hoop van die wêreld.

Na sy gewilde bundel 'Pray Daily, Act Boldly' kom hierdie nuwe, vars Afrikaanse versameling wat die tradisie van betrokke gebed voortbring. Met gebede wat diep in ons eie tyd en konteks ingebed is, bied hierdie boek ’n lewendige verbintenis tussen geloof en samelewing.
Hierdie gebede tree nie terug nie – hulle leer, daag uit, troos, roer die gewete en vra opregte betrokkenheid. Hulle lees die Skrif met oog vir geregtigheid en roep op tot nuwe verbeelding, morele moed en deernisvolle menslikheid.

Vir Koopman is gebed publieke teologie: ’n ruimte waar vrees plek maak vir hoop, en waar geloof gestalte kry in liefde en diens. Hierdie gebede bring ons nader aan die kwesbares, vorm ons deur genade, en roep ons om met oop oë, oop hande en ’n oop hart Christus in die wêreld te volg.

Vir wie is hierdie boek?
Hierdie boek is bedoel vir elkeen: vir die gelowige wat soms sukkel om woorde te kry om te bid, vir die leraar wat soms met woordeskat sukkel wanneer die wêreld ontwrig, vir die twyfélaar wat net nader aan God wil leef, en vir almal wat hul gebedslewe wil opskerp. Geen perfekte taal of volmaakte geloof word vereis nie – net ’n oop hart en die wil om te bid met woorde wat lééf in ’n wêreld wat roep om antwoord.

In Biddende Verbondenheid is meer as ’n gebedsboek – dit is ’n metgesel vir wie verlang om met durf te leef, met liefde te dien, en met getrouheid te bid. Vir elkeen wat soek na geloofstaal wat lééf, praat en hoor.

Meer oor die skrywer: https://clf.co.za/authors/prof-nico-koopman/

Koop dit hier aanlyn of by CLF Boekwinkels (BFN en KIM) of stuur ’n epos na order@clf.co.za.

Reeks van 46 dae vir verdiepte ervaring

VERDIEP, 'n daaglikse Lydenstydreis

Verdiep is 'n geestelike reis vir daagliks indelf in die lyding van Christus en die betekenis daarvan vir ons lewe. Die daaglikse gids vir die reis van Aswoensdag tot Paassondag gee praktiese riglyne en materiaal vir oordenking. Dit is 'n uitstaande reeks. Die materiaal is ontwikkel deur Adri-Marie van Heerden en kan gratis deur Oos-Kaaplandse gemeentes gebruik word. Ons Sinode het die gebruiksregte by die outeur aangekoop.

Laai dit hier af - PDF. Besoek gerus ook Adri-Marie van Heerden se webblad by tendingthefire.co.za

Bydraes vir die rampfonds

Wêreldbiddag vir Vroue: 6 Maart 2026

Die Wêreldbiddag vir Vroue word vanjaar op 6 Maart 2026 gehou. 2026 se tema is ‘Kom, Ek sal jou rus gee’. Die program is saamgestel deur vroue van Nigerië. Die Wêreldbiddag vir Vroue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders van verskillende lande wat elke jaar op die eerste Vrydag in Maart vergader om ‘n besondere dag …

Lees verder

Musiek en Woord by Somerstrand

Oos-Kaap byeenkoms weer te Jeffreysbaai

#Imagine-Jeugfees, 28-30 Maart 2026: Inskrywings open

Die Oos-Kaap se #IMAGINE fees (experience) vind in 2026 weer in Jeffreysbaai plaas:
28 -30 Maart 2026

Ons visie is om jong SA met hoop te inspireer – ons glo in môre, omdat Jesus leef!

Klik hier vir volle besonderhede.

Belangrike inligting op ons webblad

Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
Praktiese Teologie – Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak?
Sluit aan vir ’n ryk dag saam met vooraanstaande akademici en praktisyns oor geloofspraktyke, identiteit, gemeentes, prediking en pastorale versorging. ’n Belewenis vir enige leraar of gemeentelid wat die toekoms van bediening ernstig opneem.
Klik hier om te registreer en hier vir meer inligting.

VBO: Inleidende Spelterapiekursus

Klik hier vir die registrasievorm.
Predikante uit die Oos-Kaap wat inskryf kan met die direkteur sinode kontak maak vir subsidie.

VBO: Gevorderde Spelterapiekursus

Klik hier vir die inskrywingsvorm.
Predikante uit die Oos-Kaap wat inskryf kan met die direkteur sinode skakel vir subsidie.

Aanlyn VBO: Tuiskoms

Hierdie aanlyn VBO word kosteloos aangebied. Registreer hier.

Aanlyn VBO: Aftrede, die drumpel van 'n nuwe lewensfase

Registreer hier.

Vastetermyn-bediening in Tarkastad

Emeriti / leraars wat belangstel in 'n vaste termyn bediening in Tarkastad vir 2 jaar kan met ds Riaan Vlok skakel by 082 877 7212.

Verjaarsdae in Februarie

Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Februarie verjaar:

2 Februarie – ds Gerald Ehlers, NG Gemeente Grasvoëlkop
8 Februarie – ds Tobie van Schoor, NG Gemeente Uitenhage-Noord
10 Februarie – ds Anton van Jaarsveld, NG Gemeente Vanstadensrivier
16 Februarie – ds Pieter Nel, NG Gemeente Port Elizabeth-Hoogland
16 Februarie – ds Roné Vosloo, NG Gemeente Port Elizabeth-Heideveld
23 Februarie – ds Nardus Greyling, NG Gemeente Jeffreysbaai
24 Februarie – ds Berenice Esterhuyzen, NG Gemeente King William’s Town
24 Februarie – ds Jurie Pretorius, NG Gemeente Gonubie

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Deon Beyers - 082 222 6521, privaat@riversdalwes.co.za
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied

Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).

Leraars beweeg

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter