Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Jaargang 24 - Nommer 2 - 23 Januarie 2026
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Sinode Oos-Kaapland vra bydraes vir rampfonds na brande
  • Huldeblyk aan ontslape moderator, ds Pierre Jordaan
  • Drie klein Oos-Kaapse dorpe tel onder die skoonste tien in die land
  • Wêreldbiddag vir Vroue: 6 Maart
  • Leraars beweeg

Oos-Kaapse Rampfonds

Bydraes gevra om brandslagoffers by te staan

In hierdie video vertel ds Joe Janse van Rensburg van die rampskade en gelowiges se belewenis. Hy motiveer bydraes vir die Oos-Kaapse Rampfonds.

Die NG Kerk in Oos-Kaapland gee gemeentes, lidmate en belangstellendes geleentheid om deel te neem aan die verligting van die nood van brandslagoffers na die verwoestende brande die afgelope tyd in die omgewing van Nelson Mandelabaai, Humansdorp, verskeie gemeenskappe in die Langkloof en tot sover as die omgewing van Port Alfred.

Hierdie Oos-Kaapse gebiede is vandeesweek tot rampgebied verklaar.

Fondse wat ingesamel word, word via landbouverenigings betroubare nie-regeringsorganisasies en ander instansies met 'n bewese rekord van dienslewering versprei. Dit geskied ook in vennootskap met die plaaslike gemeentes.

In hierdie video lig ds Joe Janse van Rensburg van die Oos-Kaaplandse Rampnetwerk die brandskade en gelowiges se belewenis van verliese toe. Hy motiveer ook waarom gemeentes, gelowiges en die publike genooi word om by te dra tot die Oos-Kaaplandse Rampfonds.

Die brande vererger die bestaande nood rondom die ontluikende droogte en die impak van veesiektes soos bek-en klouseer. In die Langkloof, wat maande laas reën gehad het, moes kosbare en skaars waterbronne gebruik word om die vuur te bestry. Boorde in die omgewing van Misgund kan reeds vir maande nie besproei word nie, met die waarskynlikheid van 'n baie swak oes nou 'n werklikheid.

Danksy die vuur het infrastruktuur soos woonhuise, buitegeboue, grensdrade en watertenks het in die slag gebly. Weiding het in die slag gebly en voer moet teen hoë koste van elders aangekoop en hierheen vervoer word. Weiding is vernietig en voer moet teen hoë koste van elders aangekoop en hierheen vervoer word.

Die skerwe moet nou opgetel word en die heropbou begin.

Bankbesonderhede van die Rampfonds

ABSA Lopende rekening
Rekeningnaam: NG Kerk Oos-Kaapland
Rekeningnommer: 290 581 192
Takkode: 632 005
Verwysing: “Rampfonds”

Nota: Dit is baie belangrik dat die woord “Rampfonds” in die verwysingsveld op die inbetaling verskyn. Dit is hoe ons sisteem die inbetaling as ‘n donasie vir die rampfonds toewys.
Dit was 'n stryd om weiveld en infrastruktuur te beskerm, terwyl stormwinde tydens die onlangse grootskaalse Oos-Kaapse brande geword het.

PE-Hoogland help brandbestryders

Tydens die daelange stryd om brande rondom Nelson Mandelabaai, Humansdorp, Jeffreysbaai en St Francisbaai te bestry, het PE-Hooglandgemeente aan die brandbestryders gedink.

Ds Pieter Nel het 'n oproep aan die gemeente gedoen en vertel: "Binne enkele ure het lidmate en ondersteuners hul hande en harte oopgemaak om op ’n tasbare manier liefde en ondersteuning aan brandbestryders en vrywilligers in die Kouga-omgewing te bewys. Op pad na die sentrale verspreidingspunt in Humansdorp (foto hierbo) is meer as 250 Powerades, meer as 200 energiestafies, 170 pakkies grondboontjies, asook vars appels en piesangs voorsien. Hierdie bydraes was bestem vir die manne en vroue wat onder uiters moeilike omstandighede werk om brande te bestry en gemeenskappe te beskerm."

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand ...

Waar is die 10 skoonste klein dorpe in die land?

Die provinsie Oos-Kaap is besonder goed verteenwoordig in die lys 10 skoonste dorpe in die land

Mens voel nogal aangenaam verras en dankbaar om te verneem drie van die tien skoonste klein dorpe in Suid-Afrika is in die Oos-Kaap geleë. Die heel skoonste dorp is trouens in ons provinsie.

Top Ten South Africa beskik oor 'n Youtube-kanaal wat boeiende insigte oor Suid-Afrika se welvarendste woonbuurte, toonaangewende universiteite en nog veel meer bied.
Die kanaal fokus op goed nagevorste ranglyste oor reisbestemmings, kulturele spilpunte en leefstylneigings, en dra dit op ’n toeganklike en interessante manier oor. Dit vier die skoonheid, diversiteit en kultuur van Suid-Afrika.

Ewenwel, volgens hierdie lys is drie Oos-Kaapse dorpe onder die tien. Klik gerus om daarna te kyk. Dit is 'n baie interessante lys.

Bedanking wek kommer oor staatsinmenging in godsdiens

Grens.Pos het in Desember 2025 berig oor kerkgroepe wat die hof nader om nuwe reguleringsplanne vir godsdiens te stuit. Dié planne is die produk van 'n aanval teen godsdiensvryheid sê die kerkgroepe, deur die CRL-Kommissie (Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission).

Prof. Musa Xulu het bedank as voorsitter van die Artikel 22-subkomitee van die CRL-Kommissie. In ’n sterk bewoorde mediaverklaring sê hy sy bedanking volg ná ernstige inmenging, prosedurele onreëlmatighede en ’n kommerwekkende skuif na groter staatsbeheer oor godsdiens in Suid-Afrika.

Volgens Xulu is hy aangestel om ’n onafhanklike ondersoek te lei na wanpraktyke in die Christelike sektor, met die doel om godsdiensvryheid te beskerm. Hy sê daar was nooit sprake van nuwe wetgewing of staatsbeheer oor kerke nie. Tog het dit volgens hom gou duidelik geword dat die proses nie onafhanklik was nie.

Hy beweer die komitee is nooit behoorlik saamgestel nie, dat vergaderings deur die CRL-voorsitter beheer is, en dat hy as voorsitter verhinder is om sy rol uit te oefen. Agenda’s, vergaderings en besluite is volgens hom van bo af bepaal.

Xulu beskryf die proses as intimiderend en uitsluitend. Kerke wat vrae gevra het, is gemarginaliseer, terwyl sekere Christelike tradisies openlik met wantroue behandel is. Groot geloofsorganisasies is nie behoorlik betrek nie, wat die eis dat die komitee miljoene Christene verteenwoordig, volgens hom ongeloofwaardig maak.

Die finale CRL-beleidsdokument wat aan die media bekend gemaak is, is volgens Xulu nooit deur die volle komitee goedgekeur nie. Hy waarsku dat dit ’n gevaarlike skuif na staatsbeheer van godsdiens verteenwoordig. Om aan te bly, sou sy integriteit ondermyn, sê hy – en daarom het hy bedank.

Lees Xulu se volledige verklaring hier.

Nuwe gemeentestigting op Rhodes

Die NG kerkgebou op Rhodes

Rhodes is 'n skilderagtige dorpie in die Noord-Oos-Kaap, geleë aan die Bellrivier in die suidelike deel van die Drakensbergreeks, 16 km suid van Lesotho. Naudesnek, die hoogste bergpas in Suid-Afrika, is in die distrik geleë.

Die gemeente het in 1974 weens ekonomiese omstandighede met Barkly-Oos saamgesmelt. Weens veranderde ekonomiese vermoë, bedieningsbehoeftes en die afstand tussen Rhodes en Barkly-Oos op 'n uitdagende pad, het die Ring toestemming verleen dat die gemeente weer as selfstandige gemeente herstig kan word. Dit vind op 1 Maart 2026 plaas.

Hier is die amptelike kennisgewing soos ontvang:

Die stigting van die NG Gemeente Rhodes vind op Sondag 1 Maart 2026 om 10:00 plaas in die NG Kerk Rhodes, geleë op die hoek van Kerkstraat en Naudestraat.
Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi om hierdie besondere geleentheid saam met ons te vier. Ons rig ’n spesiale uitnodiging aan alle oud-inwoners, nageslagte, families en vriende wat deel was van die voormalige Rossville-gemeente, wat 130 jaar gelede gestig is. Kom beleef saam met ons hierdie historiese en vreugdevolle mylpaal in die lewe van Rhodes.
JG (Jaco) Schoeman, ondervoorsitter: kerkraad NG Gemeente Rhodes, 15.01.2026

Grens.Pos wens die nuwe gemeente seën op die nuwe pad toe.

Ds Pierre Jordaan

Voormalige moderator oorlede

Ds Pierre Jordaan, moderator van Sinode Oos-Kaapland vanaf 1991 tot 1999, is op 4 Januarie 2026 oorlede.

Hy het in die laaste jare van sy lewe aan progressiewe demensie gely.

Prop Pierre Jordaan is einde 1965 op Stellenbosch gelegitimeer. Hy word op ­4 Februarie 1966 bevestig as leraar van die NG Gemeente Burgerspark in Pretoria.

Daarna was hy predikant van die gemeente George (1969-1978), Stellenbosch-Sentraal (1978 -1982) en Newtonpark (1982-2000). Hy het op 14 Mei 2000 emeriteer.
Ds Pierre Jordaan
Tydens sy termyn as moderator het die Sinode Oos-Kaapland op afwenteling besluit, wat beteken het sinodale welsynsorganisasies (CM-Rade, tuistes vir bejaardes, kinderhuise en ander) word na gemeentes en ringe afgewentel. Die sinode het ook die vergoeding van sendelinge in die Transkei gestaak. Op hierdie wyse het die bedryfskoste van die sinode radikaal gedaal met veel groter finansiële volhoubaarheid vir gemeentes.

Sy eggenote, me Nilla Jordaan, was 'n diensbare en aktiewe span - beide in die gemeente en oral waar hulle betrokke geraak het. Beide word onthou vir dinamiese aksie, nederigheid en diensbaarheid.

Kollegas onthou ds Jordaan as 'n nederige en weldeurdagte kollega. Hy het verskeie se lewens aangeraak met sy wysheid en sy vermoë om kaf van koring te onderskei.

Ds Matteus Langenhoven vertel

"Só onthou ek Pierre Jordaan"

Ds Mattheus Langenhoven was predikant in Algoapark-gemeente en het op ringsvlak en in die sinode ten nouste met ds Pierre Jordaan saamgewerk. Hy vertel hoe hy hom onthou:

"Ek het hom ontmoet tydens my studentedae op Stellenbosch toe hy studente-leraar was by Stellenbosch Sentraalgemeente vanaf 1978 tot 1982. Nadat ek in 1984 in Algoaparkgemeente bevestig is, het ons paaie verder saamgeloop.

"Wat altyd opvallend was van ds. Pierre is hoe vriendelik en innemend hy was en hoe lekker hy kon lag van oor tot oor, met lagplooitjies oor sy hele gesig. Soos wat ons pad in die bediening verder saamgeloop het, was ek altyd beïndruk met sy leierseienskappe. Hy het ’n mens op sy kalm, rustige manier, maar sonder enige twyfel of onsekerheid, laat ervaar dat hy presies geweet waarmee hy besig was. Onnodig om te sê dat hy tot op die hoogste vlak in die kerk as voorsitter opgetree, leiding geneem, en standpunt ingeneem het.

‘n Besondere eienskap van ds. Pierre was ook dat hy hom op enige vlak met mense kon vereenselwig. So het hy op ’n dag met ’n feesgeleentheid in Algoapark die erediens gelei en die Woord bedien in aansluiting by Jesaja 40:30 en 31. Dit was ’n boodskap wat ’n mens nooit sal vergeet nie en vir die res van jou lewe met jou sal saamdra.

"Hy was ook as gemeentepredikant ’n man wat die belange van gemeente-lede op die hart gedra het. Dit sou dan ook vir hom niks snaaks wees om met sterfgevalle en tydens ernstige siekte, sommer so tydens sy oggenddraffie gou by mense te stop en te hoor hoe dit gaan nie.

"Ten slotte moet ’n mens ook sê dat humor deel van sy lewe was. So het ons een aand in Sidwell ’n vergadering gehad om die moeilike omstandighede van gemeentes in die omgewing te bespreek. Ek onthou nog hoe lekker ons gelag het toe ons na die bespreking iets lekker saam geëet en gedrink het en hy met blink, ondeunde oë so ewe opgemerk het dit lyk vir hom of dit so moeilik in die gemeentes gaan omdat hulle hulself bankrot eet!

"Ons dank die Here vir ’n dienskneg van Hom soos ds. Pierre Jordaan en vir hoe hy die Here in die NG Kerk gedien het. Aan God al die eer."

'n Persoonlike reis vir Lydenstyd

Ds Cobus Hamman van die NG Gemeente Bainsvlei in Bloemfontein het 'n handleiding, 'n Persoonlike Pelgrimsreis vir Lydenstyd, saamgestel.

Dit is vir individue, omgee- en selgroepe, of gemeentes saam.

Hy skryf: "My droom is dat gemeentes op hierdie 40 dae reis sal gaan".

Vir meer inligting of navrae, kontak ds Cobus Hamman (NG Gemeente Bainsvlei, Bloemfontein, Vrystaat), gerus by 0823995288.

Klik hier om die dokument af te laai.

Mighty Men

Mansontbyt by Kerk-Op-Pad : 31 Januarie

Manne van PE / Gqeberha en omliggende areas – julle word uitgenooi! Sluit by ons aan vir ’n Mansontbyt met goeie kos, egte geloofsgemeenskap en geloofsgevulde gesprekke.
Kom vind meer uit oor die komende Mighty Men-konferensie in Jeffreysbaai. Dit is die ideale geleentheid om kontak te maak, vrae te vra en saam met eendersdenkende manne die pad te stap.
Kom luister na getuienisse van lewens wat vir altyd verander is – of deel jou eie! Kom net soos jy is — bring ’n vriend saam en word bemoedig.
💵 𝗞𝗼𝘀𝘁𝗲: R65 per persoon
🏦 𝗘𝗙𝗧-𝗯𝗲𝘁𝗮𝗹𝗶𝗻𝗴𝗯𝗲𝘀𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝗵𝗲𝗱𝗲:
WhatsApp bewys van betaling aan Eugene – 082 378 3839
Gebruik verwysing: PE1_JouNaam
Rekeningnaam: Prov 4 23 NCP
Bank: FNB
Rekeningnommer: 6270 1151 053

"Ek sal jou rus gee"

96ste Wêreldbiddag vir Vroue: 6 Maart 2026

Die Wêreldbiddag vir Vroue word vanjaar op 6 Maart 2026 gehou. 2026 se tema is ‘Kom, Ek sal jou rus gee’. Die program is saamgestel deur vroue van Nigerië. Die Wêreldbiddag vir Vroue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders van verskillende lande wat elke jaar op die eerste Vrydag in Maart vergader om ‘n besondere dag …

Lees verder

Oos-Kaap byeenkoms weer te Jeffreysbaai

#Imagine-Jeugfees, 28-30 Maart 2026: Inskrywings open

Die Oos-Kaap se #IMAGINE fees (experience) vind in 2026 weer in Jeffreysbaai plaas:
28 -30 Maart 2026

Ons visie is om jong SA met hoop te inspireer – ons glo in môre, omdat Jesus leef!

Klik hier vir volle besonderhede.

Vir afkondigings

Studente-bediening in Somerstrand-gemeente

Gemeentes word versoek om Somerstrand-gemeente se aktiewe studentebediening onder die aandag van ouers en studente wat in die Baai kom studeer, te bring. Dit is 'n belangrike ruimte vir die geestelike tuiskoms van studente en 'n bron van wesenlike ondersteuning.

Belangrike inligting op ons webblad

Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
Vrywilligersbestuur – Geloofsgroei eerder as goedkoop arbeid
Sluit aan vir ’n praktiese én teologiese dagseminaar saam met Dr. Wicus van der Merwe oor hoe gemeentes ’n gemotiveerde, gesonde en volhoubare vrywilligerskultuur kan bou — sonder uitbranding.
Klik hier om te registreer en hier vir meer inligting.
Praktiese Teologie – Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak?
Sluit aan vir ’n ryk dag saam met vooraanstaande akademici en praktisyns oor geloofspraktyke, identiteit, gemeentes, prediking en pastorale versorging. ’n Belewenis vir enige leraar of gemeentelid wat die toekoms van bediening ernstig opneem.
Klik hier om te registreer en hier vir meer inligting.

VBO: Inleidende Spelterapiekursus

Klik hier vir die registrasievorm.
Predikante uit die Oos-Kaap wat inskryf kan met die direkteur sinode kontak maak vir subsidie.

VBO: Gevorderde Spelterapiekursus

Klik hier vir die inskrywingsvorm.
Predikante uit die Oos-Kaap wat inskryf kan met die direkteur sinode skakel vir subsidie.

Vakature, Uitenhage-De Mist : Voltydse Predikantspos

Uitenhage-De Mist bestaan uit 700 belydende en 150 dooplidmate. Ons is 'n gasvrye gemeente wat geroep word om na God, ons gemeenskap en mekaar te luister en in hierdie verhoudinge te dien.

Die sluitingsdatum is 30 Januarie 2026. Klik hier om die posbekendstelling te lees.

Vakature: Uitenhage-Winterhoek : Voltydse Predikantspos

Die NG Gemeente Uitenhage-Winterhoek, 'n voorstedelike gemeente in Kariega, Nelson Mandelabaai, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk om aansoek te doen vir ’n voltydse, onbepaalde termynpos. Ons leraar emeriteer in Februarie 2026 na ‘n geseënde bediening. Ons vertrou dat die Here iemand stuur om saam met ons ’n nuwe seisoen te betree.

Klik hier om die posbekendstelling te lees. Die sluitingsdatum is 23 Januarie 2026.

Vakature Bybelgenootskap Wes-Kaap: Verhoudingsleier

Verkieslik gelegitimeerde predikante van die NG Kerk word genooi om vir hierdie betrekking aansoek te doen.

Die bogenoemde voltydse loopbaangeleentheid is tans beskikbaar by die BSA. Die Verhoudingsleier is verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, erkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek. Die posbekleër sal in samewerking met alle kerkgenootskappe Bybelverspreiding in die streek fasiliteer. Daar
word van die posbekleër verwag om innoverende fondsinsamelingsinisiatiewe te ontwikkel en daarby betrokke te wees, sodat die BSA effektief bemark word om ondersteuning en befondsing van sleuteldonateurs te verkry om die Bybel beskikbaar te stel. Die posbekleër sal ook verantwoordelik wees vir die bestuur en evaluering van die streek se personeel, asook vir die bestuur van streekkomitees. Die monitering en uitbreiding van die donateursbasis vorm ook deel van hierdie rol.

Klik hier vir die advertensie. Aansoeke sluit op 30 Januarie 2026.

Verjaarsdae in Januarie

Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Januarie verjaar:

4 Januarie – ds Eldré Bester, NG Gemeente Algoa Gemeenskapskerk
4 Januarie – ds Hennie Meyer, NG Gemeente Uitenhage-Winterhoek
4 Januarie – prop Liesel Nieuwenhuizen, NG Gemeente Cradock-Oos
4 Januarie – dr Willem Wiid, NG Gemeente Sydenham
5 Januarie – ds Tiaan Muller, NG Gemeente Humansdorp
5 Januarie – dr Kobus Prinsloo, NG Gemeente Somerstrand
17 Januarie – ds Quinette le Roux-Weitsz, NG Gemeente Cambridge
21 Januarie – ds Gerhard van Tonder, NG Gemeente Steynsburg
22 Januarie – ds James Vermaak, NG Gemeente Kareedouw
24 Januarie – ds Tijané Pieterse, NG Gemeente Port Elizabeth-Lorraine
26 Januarie – ds Deon Strydom, NG Gemeente Stutterheim

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Deon Beyers - 082 222 6521, privaat@riversdalwes.co.za
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied

Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).

Leraars beweeg

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter