|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 7 - 27 Februarie 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Heropbou van landbou na brande: Rampfonds maak groot bydrae
- Uitstekende, gratis kursus oor konflikhantering
- ASM neem standpunt in oor godsdiensvryheid
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Heropbou na brande en droogtehulp
Bydrae uit sinodale rampfonds aan Oos-Kaapse landbou
|
|
Danksy ruim bydraes deur Oos-Kaaplandse gemeentes en lidmate kon die sinodale Rampfonds vandeesweek R100,000 aan Agri Oos-Kaap skenk met die oog op heropbouprosesse na die verwoestende brande in die Humansdorp-Jeffreysbaai-Langkloofgebiede.
|
Ons het ook berigte van droogte en 'n behoefte aan weiding in die Steytlerville-omgewing ontvang. 'n Gedeelte van die skenking (R10,000) gaan vir hierdie gebied.
|
Daar word steeds verdere skenkings in die Sinodale Rampfonds betaal. Sodra ons hierdie gelde ontvang, wend ons dit ook onverwyld aan.
|
|
Baie dankie vir die hartlike meelewing met diegene in nood.
|
|
|
|
|
|
Gratis 'Peacefire' kursus vir konfliksituasies
Christelike hantering van konflik (moenie dit onder die mat vee)
|
|
Peacefire is ’n wêreldwye span wat Christelike leiers, kerke en organisasies help om 'n gesonde kultuur van vrede, eenheid en genade te bou. Deur Bybelse opleiding in konflikhantering, leierskapsontwikkeling en praktiese hulpmiddels, moedig Peacefire spanne en hul leiers aan om konflik te hanteer met ’n volgehoue afhanklikheid van Jesus Christus, die Vredevuur.
|
Die kursus Die Twee Vure van Konflik rus jou toe om konflik te hanteer as ’n ambassadeur van Jesus Christus. Deur Bybelse wysheid en ’n lewenshouding van voortdurende afhanklikheid van Jesus, leer jy om God se transformerende vrede te ervaar – selfs te midde van verhoudingspanning.
|
Die kursus bestaan uit 31 videosessies, asook ’n aflaaibare PDF-studiegids wat jou persoonlike of groepsleer ondersteun. Die studiegids en skakels na die video’s is onderaan hierdie bladsy beskikbaar. Klik hier om toegang daartoe te verkry.
|
|
Navrae kan ook gerig word aan Thinus Pretorius, 082 950 2726, tinus.pretorius@gmail.com
|
|
|
|
|
|
NG Kerk ondersteun diens van barmhartigheid en welsynsdienste
Die Algemene Sinode het in November 2025 besluit om ons kerk se maatskaplike dienste vir 'n periode van drie jaar finansieel te ondersteun, teen R1,5 miljoen per jaar.
|
Die NG Kerk bedryf een van die grootste welsynsdienste in die land met 'n geweldige impak. Die Algemene Sinode se ondersteuning is bo-en-behalwe bestaande donasies en ondersteuning wat gemeentes, ringe en lidmate aanbied.
|
Tydens die pasafgelope ASM-vergadering (Algemene Sinodale Moderamen) het ds Charl Van Rensburg die kerklik-maatskaplike dienste se dank aan die vergadering kom oordra. Hy het verduidelik hoe die maatskaplike dienste in elke sinode (in Oos-Kaapland se geval die CMR) die fondse vir bepaalde projekte gaan aanwend.
|
Hy het ook dank oorgedra vir die positiewe wyse waarop die verhouding tussen die kerk en maatskaplike dienste in stand gehou word.
|
|
|
|
|
|
Hoe deel ons die evangelie?
Praktiese gids vir gemeentes en lidmate bekendgestel
|
|
|
|
|
'n Pragtige, bruikbare gids tot evangelisasie is vandeesweek by die Algemene Sinodale Moderamen se vergadering in Boksburg bekendgestel. Dit word eersdaags wyer in die kerkverband beskikbaar (uitgegee deur Bybel-Media) en gee 'n basiese raamwerk vir toerusting in gemeentes.
|
Die gids werk met 12 uitgangspunte wat aantoon hoe die lewe, woorde en dade, van die gemeente 'n wesenlike rol in die deel van die evangelie speel.
|
|
Die Taakspan Evangelisasie het ook 'n aanbieding gebruik wat iets meer van die denke agter die gids uitspel. Klik hier om daarna te kyk.
|
|
|
|
|
|
Staatsregulering van godsdiens?
Algemene Sinode neem standpunt in oor godsdiensvryheid
Die CRL-kommissie (Commission for the Promotion and Protection of the Rights of Cultural, Religious and Linguistic Communities) het sy oorsprong in ’n 2017-verslag oor die kommersialisering van godsdiens en die misbruik van mense se geloof. Daarna is ’n Artikel 22-komitee ingestel om die godsdienssektor te ondersoek en moontlike regulering te oorweeg.
|
Die NG Kerk was van meet af aan betrokke by hierdie prosesse en het deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) deelgeneem aan gesprekke oor die mandaat en voorstelle van die kommissie. Die kerk deel die besorgdheid oor misbruik, valse profete en finansiële uitbuiting binne sommige geloofsgemeenskappe. Sulke praktyke word ondubbelsinnig veroordeel.
|
Tog spreek die NG Kerk ernstige kommer uit oor enige wetgewing wat godsdiensorganisasies sou verplig om by ’n staatsliggaam te registreer of lisensies te bekom. Só ’n stap kan die grondwetlike reg op godsdiensvryheid, soos beskerm in artikel 15 van die Grondwet, wesenlik beperk.
|
Tydens die pasafgelope Algemene Sinodale Moderamen het 'n verslag gedien wat as die amptelike standpunt verwoord. Die verslag gee ’n deeglike uiteensetting van hierdie standpunt en verduidelik waarom samewerking met die staat noodsaaklik is — maar sonder staatsbeheer oor die interne sake van kerke.
|
|
Lesers word aangemoedig om die volledige verslag aandagtig te lees. Dit dui aan hoe die Kerk oor godsdiensvryheid oordeel.
|
|
|
|
|
|
Noodhulp aan Midde-Oosterse Raad van Kerke vir Gasa struikel
Die MECC, die Midde-Oosterse Raad van Kerke, vir wie die NG Kerk in 2025 'n bedrag van R250,000 as hulp aan noodlydendes in Gasa goedgekeur het, laat weet dat hulle die donasie nie in ontvangs kon neem nie. Só het die Algemene Sinodale Moderamen vandeesweek verneem:
|
|
|
|
“Met spyt moet ons u in kennis stel dat die bankoorplasing vanaf die Nederduitse Gereformeerde Kerk deur die bank afgekeur is. Libanese banke weier tans alle bankoorplasings vir Palestyne; selfs oorplasings via Jordanië of enige ander vorm van oorplasing is nie moontlik nie. Die situasie raak al hoe moeiliker, aangesien die Libanese regering nie in staat is om Hezbollah te ontwapen nie. Die regering is vasgevang tussen Israel se eis dat Hezbollah volledig ontwapen moet word, en Hezbollah se weiering om hierdie voorwaardes te aanvaar, met die regverdiging dat die regering nie in staat is om die mense van die suide teen ’n Israeliese inval te beskerm nie. Te midde van hierdie teenstrydige standpunte is dit die Palestynse mense wat verpletter word, aangesien verwoesting, honger en armoede steeds voortduur en hul lewens verwoes” (Vertaal uit Engels).
|
|
Die genoemde bedrag is dus terug in die rekening van die Algemene Sinode. Die Dagbestuur het hieroor besluit dat die geld in beginsel bewillig is vir hulp aan noodlydendes in Gasa, en dat daar voortgegaan sal word om op ’n verantwoordelike en deursigtige wyse te soek na ’n weg of wyses waarop dit die oorspronklike doel daarvoor, sal kan bereik.
|
|
Die skenking is deur kontroversie omhul omdat die (foutiewe) gevolgtrekking dat dit bedoel is om 'n terroriste-organisasie te ondersteun, soos 'n veldbrand deur ons land getrek het. Allerlei besware is geopper, waarvan talle op misverstand gebaseer is, Hier is 'n reaksie op al die vrae en antwoorde oor dié kwessie, soos reeds verlede daar gedeel.
|
|
|
|
|
|
Wêreldbiddag vir Vroue: 6 Maart 2026
|
Die Wêreldbiddag vir Vroue word vanjaar op 6 Maart 2026 gehou. 2026 se tema is ‘Kom, Ek sal jou rus gee’. Die program is saamgestel deur vroue van Nigerië. Die Wêreldbiddag vir Vroue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders van verskillende lande wat elke jaar op die eerste Vrydag in Maart vergader om ‘n besondere dag …
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Oos-Kaap byeenkoms weer te Jeffreysbaai
#Imagine-Jeugfees, 28-30 Maart 2026: Inskrywings open
|
|
|
|
Die Oos-Kaap se #IMAGINE fees (experience) vind in 2026 weer in Jeffreysbaai plaas: 28 -30 Maart 2026
|
Ons visie is om jong SA met hoop te inspireer – ons glo in môre, omdat Jesus leef!
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
VBO-opname aanlyn beskikbaar
Islam vandag: Wat Christene regtig moet weet
|
|
Dr Enrico Casaleggio het nou reeds twee van drie aanbiedings in sy reeks van drie bydraes oor Islam Vandag gelewer.
|
|
|
|
|
|
Universiteit van Pretoria
Opleiding as Brugleraar
|
|
|
Prof. Malan Nel tree as kursusleier op. Doen gerus verder navraag by hom - malannelup@gmail.com
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Tuiskoms
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Aftrede, die drumpel van 'n nuwe lewensfase
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
NG Kerk Albanie: Voltydse leraar
Makhanda (Grahamstad) is ’n diverse dorp vol kultuur en geskiedenis. Dit is die tuiste van talle skole en Rhodes Universiteit wat die dinamiek van onontginde jong energie bring. Dit is die tuiste van die Nasionale Kunstefees en talle geskiedkundige monumente wat elemente van kultuur, musiek, drama en kreatiwiteit op ons voorstoep plaas. Ons omgewing bied pragtige natuurskoon en plase en wildreservate omsoom die dorp.
|
|
Die gemeente beskik oor 'n vakature vir 'n voltydse leraar. Lees die posbeskrywing hier.
|
|
|
|
|
|
Vastetermyn-bediening in Tarkastad
|
Emeriti / leraars wat belangstel in 'n vaste termyn bediening in Tarkastad vir 2 jaar kan met ds Riaan Vlok skakel by 082 877 7212.
|
|
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Maart
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Maart verjaar:
|
2 Februarie – ds Gerald Ehlers, NG Gemeente Grasvoëlkop 8 Februarie – ds Tobie van Schoor, NG Gemeente Uitenhage-Noord 10 Februarie – ds Anton van Jaarsveld, NG Gemeente Vanstadensrivier 16 Februarie – ds Pieter Nel, NG Gemeente Port Elizabeth-Hoogland 16 Februarie – ds Roné Vosloo, NG Gemeente Port Elizabeth-Heideveld 23 Februarie – ds Nardus Greyling, NG Gemeente Jeffreysbaai 24 Februarie – ds Berenice Esterhuyzen, NG Gemeente King William’s Town 24 Februarie – ds Jurie Pretorius, NG Gemeente Gonubie
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Dr Nico van der Westhuizen neem aan die einde van Februarie 2026 afskeid van die NG Kerk Steytlerville, Ds Willie Smith (emeritus) bedien die gemeente vanaf 1 Maart 2026.
|
Ds Jurie Blom (emeritus) is na die NG Gemeente Willowmore beroep.
|
Ds Koos (JJ) van Zyl word op 1 Maart deur ds Willem Petzer by die NG Kerk Buffelsrivier in die amp bevestig.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|