|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 3 - 30 Januarie 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Reeks vir 'n geestelike reis oor Lydenstyd
- Burgerlike koalisie trek 'n streep in die sand oor munisipale dienslewering
- Die krisis van ons tyd: ons is ontwortel en van 'n tuiskoms gestroop
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Reeks van 46 dae vir verdiepte ervaring
VERDIEP, 'n daaglikse Lydenstydreis
|
|
Verdiep is 'n geestelike reis vir daagliks indelf in die lyding van Christus en die betekenis daarvan vir ons lewe. Die daaglikse gids vir die reis van Aswoensdag tot Paassondag gee praktiese riglyne en materiaal vir oordenking. Dit is 'n uitstaande reeks. Die materiaal is ontwikkel deur Adri-Marie van Heerden en kan gratis gebruik word.
Laai dit hier af - PDF. Besoek gerus ook Adri-Marie van Heerden e webblad by tendingthefire.co.za
|
|
|
|
|
|
Burgerlike samelewing, waaronder kerke, trek ’n streep
Telkaart eis stabiliteit en beter dienslewering in Nelson Mandelabaai
|
|
Verteenwoordigers van 'n breë burgerlike koalisie wat op beter munisipale dienslewering aandring. Van kerke tot georganiseerde arbeid, jeug- en vroueorganisasies is betrokke
|
Die Nelson Mandela Bay Civil Society Coalition het hierdie week weer sterk op die voorgrond getree met die bekendstelling van ’n konkrete telkaart wat daarop gemik is om politieke stabiliteit, aanspreeklikheid en beter dienslewering in Nelson Mandela-baai te bevorder.
|
Die telkaart is tydens die ondertekening van ’n nuwe sosiale verbintenis bekend gestel, waaraan rolspelers uit arbeid, besigheid, vroue-organisasies, asook godsdiens- en tradisionele leiers deelgeneem het. Die ondertekening het plaasgevind tydens ’n mediakonferensie op 28 Januarie 2026 by die Nelson Mandela Baai Sakekamer.
|
Volgens die president van die koalisie, Monga Peter, is die telkaart doelbewus konkreet en meetbaar. “Ons het gekies om nie vaag te wees nie, omdat ons al vantevore hier was,” het hy gesê. Die koalisie, wat sedert 2013 aktief is, sien hul rol as ’n permanente deel van die burgerlike landskap en nie as iets wat deur verkiesingstye gedryf word nie.
|
Die telkaart vra onder meer vir die spoedige aanstelling van ’n permanente, onverbonde en etiese stadsbestuurder, die vulling van kritieke tegniese poste, beter beskerming van munisipale infrastruktuur teen vandalisme en strenger toepassing van munisipale regulasies. Dit stel ook duidelike teikens vir die vermindering van water- en elektrisiteitsverliese en dring aan op groter deursigtigheid in senior aanstellings en tenderprosesse.
|
Peter het bevestig dat die koalisie later vandeesweek met burgemeester Babalwa Lobishe in gesprek sal tree oor die implementering van die telkaart. Die doel is om ooreenstemming te bereik oor ’n diensleweringsplan wat deur die burgerlike samelewing gemonitor en geëvalueer kan word.
|
|
Die inisiatief volg op ernstige lesse uit die verlede, toe politieke onstabiliteit die bestuur van die metro verlam het, en weerspieël ’n hernude verbintenis tot samewerking, aanspreeklikheid en volhoubare dienslewering.
|
|
|
|
|
|
|
|
Topverkoper en belangrike publikasie
Oor ontworteling, verlies en verset teen hierdie era
|
|
Baie mense beleef die ontwrigting wat met die publieke verbrokkeling van alles wat heilig en kosbaar is verband hou. Die ervaring van 'n veilige tuiskoms in 'n versorgende en betroubare omgewing is daarmee heen.
|
Hier is 'n boek vir sulke mense, 'n werklike belangrike publikasie om insig in ons eie tyd te ontwikkel. Dit help ons ook begryp waarom daar soveel woede in die wêreld is wat op soveel plekke oorkook.
|
Paul Kingsnorth se Against the machine, on the unmaking of humanity, vra hoekom soveel mense vandag voel hulle het “wortels” verloor. Hy sê die moderne Weste het sy heilige ankers (geloof, tradisie, grense, gemeenskap) laat vaar, en toe ’n nuwe “godsdiens” gekry: die Masjien—’n mengsel van geldmag, staatsmag en tegnologie wat alles wil meet, beheer en “optimaliseer”. Dit beloof vooruitgang, maar laat ons dikwels met minder tyd, minder aandag, minder betekenis en minder tuiste.
|
Kingsnorth wys hoe stede, skerms en verbruikersdrang ons ontwortel, en hoe kultuuroorloë eintlik dieper gaan: dit is ’n geestelike stryd oor wat ’n mens is. Sy alternatief is nie ’n groot plan nie, maar ’n houding: begin klein, leef mens-skaal, beskerm verlede, mense, plek en gebed, en gebruik tegnologie met dissipline (askese).
|
In sy eie lewe het Kingsnorth die pad van ongeloof na 'n toekeer na die Ortodokse Christelike geloof gestap. Hy verbind dit aan sy eie onblusbare begeerte om te aanbid.
|
Prof Johann Rossouw interpreteer hierdie boek (in 'n briljante opsomming van die publikasie op LitNet) as ’n skerp, aktuele waarskuwing—en sê Suid-Afrikaners verstaan “huis” en “plek” beter as baie Westerlinge. Sy opsomming laat jou lus kry om die boek self te gaan lees—en dalk jou eie “tuiste” nuut raak te sien.
|
Rossouw skryf onder meer, en haal ook vir Kingsnorth self aan:
|
|
|
Volgens Kingsnorth is ’n belangrike aspek van die moderne Westerse afwyking die afskeid wat die Weste van sy godsdienstige bronne geneem het. Volgens Kingsnorth bestaan daar nie so iets soos ’n kultuur wat nie een of ander heilige orde (“sacred order”) aanhang nie; wat die moderne Weste onderskei, is dat dit spesifiek ontwikkel uit die verwerping van die heilige orde wat dit eens aangehang het, en wat die implikasies hiervan is, is wat Kingsnorth in sy boek probeer verstaan:
[W]hen a culture built around such a sacred order dies then there will be upheaval at every level of society, from the level of politics right down to the level of the soul. The very notion of an individual life will shift dramatically. The family structure, the meaning of work, moral attitudes, the very existence of morals at all, notions of good and evil, sexual mores, perspectives on everything from money to rest to work to nature to kin to responsibility to duty: everything will be up for grabs.
The West, in short, was Christendom. But Christendom died. What does that make us, its descendants, living amongst its beautiful ruins? It makes ours a culture with no sacred order. And this is a dangerous place to be.
|
|
|
Paul Kingsnorth het ook 'n reeks gespreksvideos geskep wat op Youtube beskikbaar is. Klik hier vir die inleidende gesprek.
|
|
|
|
|
|
Baie dankie
Eerste bydraes vir die rampfonds
|
Nadat ons verlede week die Rampfonds vir brandslagoffers aangekondig het, is die eerste bydraes vandeesweek reeds ontvang. Ons sê dankie vir gemeentes en individue wat bygedra het. Die fonds staan reeds teen Woeensdag, 28 Januarie, op R24,000.
|
|
|
|
Klik gerus hier om te hoor hoe Migal Muller, 'n boer uit Jeffreysbaai, vertel van die ontwrigting, die wyse waarop hulp hom bemoedig en weer op koers geplaas het, en luister na sy aanmoedig om by te dra tot die rampfonds.
|
|
|
|
|
|
Wêreldbiddag vir Vroue: 6 Maart 2026
|
Die Wêreldbiddag vir Vroue word vanjaar op 6 Maart 2026 gehou. 2026 se tema is ‘Kom, Ek sal jou rus gee’. Die program is saamgestel deur vroue van Nigerië. Die Wêreldbiddag vir Vroue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders van verskillende lande wat elke jaar op die eerste Vrydag in Maart vergader om ‘n besondere dag …
|
|
|
|
|
|
Oos-Kaap byeenkoms weer te Jeffreysbaai
#Imagine-Jeugfees, 28-30 Maart 2026: Inskrywings open
|
|
|
|
Die Oos-Kaap se #IMAGINE fees (experience) vind in 2026 weer in Jeffreysbaai plaas: 28 -30 Maart 2026
|
Ons visie is om jong SA met hoop te inspireer – ons glo in môre, omdat Jesus leef!
|
|
|
|
|
|
Christelike Lektuurfonds
Spesiale promosie: Akademiese en teologiese boeke
CLF Uitgewers bied 'n 50% afslag op uitgesoekte Akademiese en Teologiese titels tot 31 Maart 2026. Die volgende boeke is ter sprake:
|
- A Survey of Presbyterian Mission History in Africa (BARA001)
- Bakengemeentes (BARA005)
- Care for Africa (VEN160)
- Christian Nationalism and Anticommunism in Twentieth-Century South Africa (BARA002)
- Christ's Love (VEN146)
- Maar Verlos ons van die Bose (VAF157)
- Mission the" labour room" of theology (VEN140)
- Saam in God se Teater (VAF135)
- Saam in God se Teater - IsiXhosa (VXH135)
- Together in God's Theatre (VEN135)
|
Koop dit deur 'n e-pos na order@clf.co.za te stuur.
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Praktiese Teologie – Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak? Sluit aan vir ’n ryk dag saam met vooraanstaande akademici en praktisyns oor geloofspraktyke, identiteit, gemeentes, prediking en pastorale versorging. ’n Belewenis vir enige leraar of gemeentelid wat die toekoms van bediening ernstig opneem.
|
|
|
|
|
|
VBO: Inleidende Spelterapiekursus
|
|
|
Predikante uit die Oos-Kaap wat inskryf kan met die direkteur sinode kontak maak vir subsidie.
|
|
|
|
|
|
VBO: Gevorderde Spelterapiekursus
|
|
|
Predikante uit die Oos-Kaap wat inskryf kan met die direkteur sinode skakel vir subsidie.
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature, Uitenhage-De Mist : Voltydse Predikantspos
Uitenhage-De Mist bestaan uit 700 belydende en 150 dooplidmate. Ons is 'n gasvrye gemeente wat geroep word om na God, ons gemeenskap en mekaar te luister en in hierdie verhoudinge te dien.
|
|
Die sluitingsdatum is 30 Januarie 2026. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Februarie
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Februarie verjaar:
|
2 Februarie – ds Gerald Ehlers, NG Gemeente Grasvoëlkop 8 Februarie – ds Tobie van Schoor, NG Gemeente Uitenhage-Noord 10 Februarie – ds Anton van Jaarsveld, NG Gemeente Vanstadensrivier 16 Februarie – ds Pieter Nel, NG Gemeente Port Elizabeth-Hoogland 16 Februarie – ds Roné Vosloo, NG Gemeente Port Elizabeth-Heideveld 23 Februarie – ds Nardus Greyling, NG Gemeente Jeffreysbaai 24 Februarie – ds Berenice Esterhuyzen, NG Gemeente King William’s Town 24 Februarie – ds Jurie Pretorius, NG Gemeente Gonubie
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Deon Beyers - 082 222 6521, privaat@riversdalwes.co.za
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Hennie Meyer van Uitenhage-Winterhoek emeriteer op 28 Februarie 2026.
|
Prop. Abel Erasmus word op 1 Februarie 2026 te Rietbron as diensleraar bevestig.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|