VBO oor Trauma: Pastorale begeleiding en heling na trauma-ervarings
![](/wp-content/themes/yootheme/cache/57/Screenshot-2023-08-13-125444-5705fb27.jpeg)
In hierdie aanlyn-kursus word daar gefokus op die pastorale begeleidingsproses tot heling en herstel na traumatiese ervarings soos plaasmoorde, motorkapings, aanranding, verkragting, bankrowe, geweldsmisdaad, ens.
Die kursus word op Zoom deur prof Wentzel Coetzer aangebied.
Talle praktiese voor- beelde sal bespreek word aan die hand van aspekte soos die volgende:
– Wat gebeur wanneer ʼn persoon trauma beleef?
– Post-traumatiese stresversteuring
– Die noue verband tussen liggaam, gees en emosies
– Faktore wat die genesingsproses kan bevorder
– Hoe bid ons saam met ʼn getraumatiseerde persoon?
– Die sin-vraag na trauma
– ʼn Pastorale model vir die begeleiding van trauma slagoffers
– Toegerus om toekomstige trauma te hanteer
Meer inligting en die INSKRYWINGSVORM is hier beskikbaar.