Skip to main content

Hulp vir Predikante

INHOUDSOPGAWE

  • Bedienaar, Diensleraars, Predikante
  • Diensleraars: Handleiding
  • Huweliksbevestigers
  • Logboek vir die eis van Reiskote by die SAID
  • Predikanteversorging in gemeentes
  • Preekriglyne volgens die kerklike jaar

Bedienaars, Diensleraars, Predikante

Bediening in die NG Kerk word sedert die Algemene Sinode van 2019 as volg hanteer:

  • Bedienaars: Kerkraadslede wat deur eenjaar afstandsonderrig en praktiese inoefening onder leiding van ‘n plaaslike mentor ‘n sertifikaat te verwerf wat toelaat dat ringe en kerkrade hulle mag aanstel om bepaalde bedieningstake te verrig. Dit is vrywillige bediening en geen vergoeding is hieraan gekoppel nie. Die rol van Bedienaars word volledig beskryf in Besluit 12 op bl 247 van Kerkorde 2022.
  • Diensleraars: Dit is leraars wat vir ‘n bepaalde faset van bediening opgelei is, bv jeugwerk, en deur ‘n kuratorium by ‘n teologiese fakulteit gelegitimeer is. Na legitimasie word die persoon ‘n kerklik gesproke proponent en kan deur ‘n gemeente beroep word vir die spesifieke faset van bediening. Dit kan slegs gebeur by gemeentes waar daar reeds ‘n predikant in diens is. Die rol van Diensleraars word volledig beslryf in Reglement 19 op bl 159 van Kerkorde 2022. ‘n Register met die name en besonderhede van diensleraars word jaarliks in die Kerkjaarboek publiseer. Stuur ‘n e-pos aan bevoegdheid@ngkerk.org.za om vas te stel of ‘n persoon ‘n gelegitimeerde diensleraar is.
  • Predikante: Predikante is opgelei om alle fasette van bediening in gemeentes te kan hanteer. Predikante word deur ‘n kuratorium gelegitimeer en kan dan na ‘n gemeente beroep word. Die rol van predikante kan nie vervang word deur diensleraars of bedienaars nie. Diensleraars en bedienaars funksioneer onder die mentorskap van predikante wat deur die gemeente (vir diensleraars) of ring (vir bedienaars) aangewys is. Predikante kan voltyds, deeltyds, vir onbepaalde termyn of ‘n vaste termyn aangestel word. Reglemente 11 tot 17 in Kerkorde 2022 beskryf hierdie verskillende rolle en vorme van predikantsbediening. ‘n Register met die besonderhede van predikante word jaarliks in die Kerkjaarboek publiseer. Stuur ‘n e-pos aan bevoegdheid@ngkerk.org.za om vas te stel of ‘n persoon ‘n gelegitimeerde predikant is.

Diensleraars: Handleiding

By die Algemene Sinode van 2019 is ‘n nuwe rol in die NG Kerk ingestel, naamlik diensleraars. ‘n Handleiding is saamgestel wat die rol van diensleraars volledig beskryf.

  • ‘n Diensleraar is ʼn persoon wat die vereiste kerklike opleiding deurloop het, vir ’n spesifieke toegespitste bedieningsterrein gelegitimeer en bevestig is om hierdie diens te lewer ooreenkomstig die terrein van opleiding.
  • Diensleraars verrig ’n toegespitste bediening in een of meer spesifieke veld soos byvoorbeeld:  pastoraat,  jeug- en  familiebediening,  prediking,  diakonaat, geloofsvorming,  evangelisasie,  kerkplanting,  aanbidding,  bejaardebediening, berading, lering, uitreikbediening en sending. (Hierdie toegespitste terreine kan na gelang  van  behoefte  deur  die  kerk  uitgebrei  word met  gepaardgaande opleidingsbane.)
  • Die  implikasie  hiervan  is  dat  diensleraars  nie  dieselfde  omvattende  teologiese opleiding as predikante ontvang nie, en daarom nie die bevoegdheid ontvang om die volle spektrum van ’n gemeente se bediening (soos predikante) te behartig nie. ‘n Diensleraar kan dus slegs in ‘n gemeente aangestel word waar daar reeds ‘n predikantspos bestaan.
  • Lees asb die HANDLEIDING.

Huweliksbevestigers

  • Geldende omsendskrywe van die Dept Binnelandse Sake wat huweliksbevestigings reël – huweliksbevestigers moet bekend wees met die inhoud
  • Daar is drie dokumente wat bevestigers saam met die ander dokument by die registrasie van die huwelik moet indien (let veral op par. (b) wat op bl 4 in bogenoemde omsendskrywe begin):
    • Beëdigde verklarings – by polisie afgeneem – van elke party in die huweliksluiting om hul huwelikstatus te bevestig.
    • Dokument van Binnelandse Sake wat die egliede se huwelikstatus op Binnelandse Sake se huweliksregister bevestig
    • Dokument van Binnelandse Sake van elke party wat bevestig dat hulle identiteitsnommer geldig is
  • Hier is die handleiding vir huweliksbevestigers wat deur die Dept van Binnelandse Sake verskaf word.

Logboek vir eis van reiskoste by SA Inkomstediens

  • Logboek vir 2023-24 (Excel) – hierdie is nie ‘n amptelike dokument nie en word bloot as hulpmiddel verskaf. Gebruikers aanvaar self verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Predikanteversorging in gemeentes

  • Die A tot Z-handleiding voorsien dat elke gemeente oor ‘n groep beskik wat omvattende versorging van die predikant hanteer. Hier is riglyne daarvoor.

Preekriglyne volgens die liturgiese jaar