Skip to main content

VBO – Hoe om punte te verwerf

Agtergrond

Die VBO-prospektus bied oorsigtelike inligting oor Voortgesette Bedieningsontwikkeling. Vervolgens gee ons ‘n oorsigtelike opsomming.

Predikante en diensleraars moet jaarliks VBO-punte verwerf ten einde registrasie as gelegitimeerde van die NG Kerk in stand te hou. Bedienaars doen VBO om hul bevestiging deur Ringe in stand te hou.

VBO (Voortgesette Bedieningsontwikkeling) gaan nie in die eerste plek oor punte nie. Ten diepste is dit bedoel om predikante, diensleraars, bedienaars en ander leiers te help om aan te hou groei as dissipels van Jesus. Leiers in die NG Kerk onderneem om jaarliks VBO opleiding te kry, en maak ook in die legitimasie-eed so ‘n verbintenis. VBO is die verantwoordelikheid van elke leraar, diensleraar en bedienaar van die NG Kerk.

VBO word ontwerp en beplan deur enige van verskeie diensverskaffers, waaronder kerklike instansies en ook ander goedgekeurde verskaffers. Die NG Kerk beskik oor twee sentra, Communitas en Excelsus, asook oor nege sinodes (waaronder Sinode Oos-Kaapland) wat as VBO-diensverskaffers optree.

Ringe kan ook in Oos-Kaapland VBO aanbied. Kom vooraf met die Direkteur Sinode oor die puntewaarde ooreen. Die sinodale kantoor sal die punte vir hierdie geleenthede op die databasis laai sodra die presensielys van die Ring ontvang word.

Selfstudie is ook ‘n belangrike bron van voortgesette bedieningswontwikkeling. Tree met die Direkteur Sinode in verbinding oor die puntewaarde van jou selfstudie.

Wanneer VBO deurloop word, laai die betrokke VBO-diensverskaffer (waaronder Sinode Oos-Kaapland) die punte-waarde van die opleiding op die NG Kerk se aanlyn databasis gelaai (lees meer oor die databasis hier).

Waarvoor punte verwerf kan word

Daar is verskeie maniere om VBO punte te verwerf. VBO-aktiwiteite sluit die volgende in:

Hier is ‘n volledige lys wat aandui waarvoor VBO-punte verwerf kan word.

Hoe sien ek wat my puntestand is?

Klik hier om toegang tot die NG Kerk se VBO-register te verkry.