Skip to main content

Hulp met Finansies

Admin vir Kerkkantore

Besoek die afdeling van ons webblad wat verskeie dokumente van belang vir kerkkantore oor vergoeding, belasting en ander sake bevat

Kontant in gemeentes: Riglyne vir die hantering daarvan

Sinode Oos-Kaapland het waardevolle riglyne vir die hantering van kontant en finansiële kontrole in gemeentes goedgekeur

Ouditering van gemeentes se finansiële state

Die kerkorde van Sinode Oos-Kaapland skryf voor dat gemeentes se finansiële state jaarliks deur ‘n geregistreerde ouditeur geouditeer moet word. Die ouditeur voltooi ook Vorm B (Balansstaat en Inkomstestaat). Vorm B kan ook dien as die geouditeerde staat en moet deur die ouditeur opgestel word.

Hierdie geouditeerde state, waaronder Vorm B, tesame met die ouditverslag word jaarliks aan die kerkraad voorgelê en deur die voorsitter van die kerkraad en nog ‘n lid onderteken.

Keerdatum: Die ouditering en goedkeuring moet jaarliks teen 31 Julie afgehandel wees. Die kerkkantoor stuur die state dan aan die skriba van die ring en die sinodale kantoor.