Hulp met bestuur en prosesse in gemeentes
Hierdie blad bevat inligting oor leierskaps- en bestuursprosesse in gemeentes.
Admin vir Kerkkantore
- Besoek die afdeling van ons webblad wat verskeie dokumente van belang vir kerkkantore oor vergoeding, belasting en ander sake bevat
Beroepingsproses
- Wat is die kerkordelike vereistes vir die uitbring van ‘n beroep?
Diensverhoudinge
- Die funksionering van Kommissies vir Diensverhoudinge in gemeentes
Finansiële beleid vir gemeentes
- ‘n Voorbeeld van ‘n gemeente se finansiële kontrolebeleid (met dank aan Dias-gemeente) –
MS-Word | PDF
Gelyke indiensneming, Wet op
- Riglyne vir advertensies vir poste in terme van die Wet op Gelyke Indiensneming
Munisipale heffings en eiendomsbelasting, Vrystelling van
Gemeentes hoef nie munisipale heffings en belasting op eiendom wat vir publieke aanbidding gebruik word, te betaal nie. Dit sluit ook die pastorie in wanneer dit deur die ampsdraer van die gemeentes bewoon word.
- Die Wet op Munisipale Heffings op Eiendom (Wet 6 van 2004) bepaal in Artikel 17 (1) (i): “A municipality may not levy a rate on a property registered in the name of and used primarily as a place of public worship by a religious community, including an official residence registered in the name of that community which is occupied by an office-bearer of that community who officiates at services at that place of worship.”
- Die Departement vir Plaaslike Regering het in 2020 ‘n reeks Riglyne vir die Uitvoering van Wet 6 van 2004 gepubliseer. Dit gee verdere toeligting oor die toepassing van die wet – vergelyk bladsy 28 en verder.
Personeelbeleid
- ‘n Voorbeeld van ‘n gemeente se personeelbeleid, verwerk uit die NG Kerk se Bestuurshandleiding 2022 (met dank aan Sherwood Gemeente) – MS-Word | PDF
- Bestuurshandleiding van die NG Kerk 2022 (met wesenlike inligting oor personeelbestuur en voorbeelde van dienskontrakte)