VBO-Register vir Punte
Jou punte op die VBO-register
Die puntewaarde van Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) word op ‘n sentrale databasis bygehou. Elke predikant en diensleraar in die NG Kerk is geregistreer by die Algemene Bevoegdheidsraad (ABR). (Bedienaars se VBO-punte word afsonderlik bygehou – klik hier.)
Registrasies en toegang tot die punte is gekoppel aan die e-pos adres wat by die ABR aan jou profiel gekoppel is. Om jou VBO profiel te sien, klik op hierdie skakel. Die volgende skerm sal verskyn:

Gebruik dieselfde e-pos wat by die ABR registreer is. Wanneer die databasis jou e-pos ontvang word ‘n outomatiese boodskap met ‘n unieke URL na jou gestuur. Hierdie skakel is die een wat in die toekoms gebruik kan word om jou profiel oop te maak.
As jou e-pos nie werk nie, rig ‘n navraag per e-pos aan die ABR deur hier te klik.
As jy navrae het oor jou punte en die kursusse wat jy al gedoen het, kontak gerus die sinodale kantoor (me Chantall Vermaak) hier.
Onthou, jy kan VBO-punte verdien deur vir kursusse in te skryf (kyk na advertensies in Grens.Pos, ons sinodale nuusbrief), of kursusse wat aanlyn beskikbaar is, te volg.
Bedienaars se VBO-punte
Bedienaars is kerkraadslede wat toegerus is vir ‘n spesifieke area van bediening, en word nie gelegitimeer nie. Ringe bevestig jaarliks Bedienaars se bevoegdheid om in die spesifieke Ring te bedien. Van Bedienaars se VBO-punte hou Sinode Oos-Kaapland afsonderlik rekord – klik hier vir die VBO-Register vir Bedienaars.
VBO Puntetoekenning
Klik hier vir die lys van VBO-aktiwiteite waarvoor punte verdien kan word. Indien jy ‘n kursus bygewoon het en meen jy verdien VBO daarvoor, stuur asb. ‘n e-pos aan die sinodale kantoor en versoek dat punte op die register vir jou gelaai word.
Navrae: Enige vrae oor jou puntetoekenning deur die Sinode van Oos-Kaapland moet gerig word aan me Chantall Vermaak by die sinodale kantoor. Navrae oor kursusse deur ander diensverskaffers (bv Excelsus of Communitas) moet aan daardie diensverskaffer gerig word.