VBO-Register
VBO-register vanaf 2020: NG Kerk Data
Vanaf 2020 skakel die NG Kerk in Oos-Kaapland in by die kerkwye databasis van die NG Kerk, waarop VBO-punte en besonderhede van leraars gereflekteer word. Elke leraar het ‘n profiel op die databasis en kan tot hierdie persoonlike profiel toegang kry. Hierdie databasis staan as “NG Kerk Data” bekend en kan bereik word by https://ngkerkdata.co.za/profiel of https://ngkerkdata.co.za/punte.
VBO-kursusse wat deur die NG Kerk in Oos-Kaapland aangebied word, maar ook VBO-kursusse deur ander diensverskaffers, word op hierdie gesentraliseerde databasis gereflekteer.
Handleiding: Hier is die handleiding met instruksies hoe om toegang tot jou leraarsprofiel te kry.
Navrae: Enige vrae oor jou puntetoekenning deur die Sinode van Oos-Kaapland moet gerig word aan me Chantall Vermaak by sinode@ngkok.co.za. Navrae oor kursusse deur ander diensverskaffers (bv Excelsus of Communitas) moet aan daardie diensverskaffer gerig word.
VBO-register tot 2019: NG Kerk in Oos-Kaapland
VBO-punte van Oos-Kaaplandse leraars tot en met 2019 kan hieronder besigtig word.