Prof Janet Cherry aan kerkleiers: Hoe dien grond en geregtigheid ons land se ontwikkelingsbehoeftes?
Op watter kreatiewe wyses kan ons grond benut om die ontwikkelingsbehoeftes van die SA-samelewing te dien? Hoe kan ons ‘n geskiedenis van vervreemding van grond met die armoede en ongelykheid wat dit meegebring het, oorkom? Dit was van die vrae waaroor prof Janet Cherry van die Nelson Mandela Universiteit se Departement van Ontwikkelingstudies kerkleiers onlangs in Nelson Mandelabaai help dink het.
Cherry het ‘n lewenslange belangstelling in die geskiedenis van ekonomiese ontwikkeling van Nelson Mandelabaai.
Nee, sy dink nie Julius Malema se planne gaan werk nie. Individuele grondeienaarskap blyk egter elders in die wêreld ook nie die blink oplossing te wees nie. Daar is egter talle ander moontlikhede. Klik hier om na ‘n video-opname van haar voordrag te luister. Haar Powerpoint kan hier afgelaai word.