Skip to main content

‘n Paar grafieke wat vertel hoe dit met die NG Kerk gaan

Kerkspieël 2022, die vierjaarlikse opname in die NG Kerk, was ‘n groot sukses. Landwyd het meer as driekwart van gemeentes die vraelys voltooi – in Oos-Kaapland was die syfer 88% van gemeentes, die hoogste responskoers van al die sinodes van die NG Kerk.

Die eerste verwerkings van die data begin nou beskikbaar word. Hier is ‘n paar perspektiewe oor hoe dit tans met NG gemeentes gaan. 

1. Krimpend of groeiend?

‘n Klein persentasie van gemeentes is krimpend of sterwend, maar die syfer het sedert 2004 gegroei. Heelwat gemeentes is steeds sterk op instandhouding gefokus, maar ‘n beduidende persentasie groei of groei dinamies. Die effek van 2022 is beslis deur Covid beïnvloed.

2. Gemeentelike inkomste

Hoewel sommige gemeentes se finansies groei, is die gebrek aan ekonomiese groei in Suid-Afrika en die impak daarvan op gemeentes tasbaar. Ons beleef ook demografiese skuiwe.

3. Gemeente en gemeenskap

Gesonde, dinamiese gemeentes reflekteer hul gemeenskap se samestelling. Gemeentes kan dus kies om nie ten gronde te gaan as daar ‘n vermindering in tradisionele lidmate plaasvind nie, maar die omliggende gemeenskap te bly bedien. Dit gebeur reeds in verskeie gemeentes.

4. Missionale gemeentes-wees

Hierdie is werklik ‘n positiewe, nuwe verbeelding wat in die NG Kerk groei.