๐ฉ๐ฎ๐ธ๐ฎ๐๐๐ฟ๐ฒ ๐๐ฒ๐ฟ๐ฎ๐ฎ๐ฟ๐๐ฝ๐ผ๐: ๐ก๐๐ ๐ฆ๐๐ฒ๐๐ป๐๐ฏ๐๐ฟ๐ด
Aansoeke word ingewag vir die leraarspos by die NG gemeente van Steynsburg vir ‘n termyn van drie jaar. Sou omstandighede dit toelaat, kan die termyn verleng word.
Steynsburg is in die Noordoos-Kaap geleรซ, tussen 70 en 120 km vanaf Cradock, Middelburg, Burgersdorp en Aliwal Noord. Die gemeente bestaan uit 97 belydende en 20 dooplidmate en vier in 2024 sy 150ste bestaansjaar. Ons het ook ‘n tuiste vir bejaardes met sowat 60 inwoners van verskillende denominasies.
Ons is ‘n stabiele landbougemeenskap, hoofsaaklik veeboerdery, maar danksy die Oranje-Visrivierskema ook besproeiingsboerdery. Die naaste goeie skole is te Cradock, Burgersdorp en Middelburg. Groot sentra soos Port Elizabeth, Oos-Londen en Bloemfontein is 300 tot 350 km ver.
Slutingsdatum: 31 Januarie 2024. Lees die volle posbeskrywing.