Die verlore seun vannie Gaatjie deel sy getuienis in die Baai
Ds Ivor Swartz, ‘n diensleraar van die NG Kerk Oosterlig, se paadjie loop vanaf die Gaatjie (‘n arm woonbuurt in Grabouw) verby sy moord op sy geweldadige ouer broer, tyd in die tronk, sy bekering, ‘n worstelstryd met depressie, ‘n geseënde huwelik met Nadine en ‘n pragtige kleinding, Luther. Hy het op 27 Augustus sy lewensverhaal en getuienis in die Baai kom deel. Kyk na sy getuienis as deel van die erediens van Kraggakamma-gemeente. Hy begin praat by minuut 18:45 op hierdie opname van die erediens.
Swartz is die skrywer van twee boeke, Die Verlore Seun vannie Gaatjie, en Kies die lewe – leer dans in depressie. Hy praat graag met kinders en jongmense en leer hulle om voluit te leer lewe as dissipels van Jesus Christus.
Ivor tree van 8-10 September by Nahoon-gemeente op (sien bekendstelling hieronder in Grens.Pos). Almal in Oos-Londen en omstreke kan gerus die geleentheid benut. Bring ook die jeug.