Hoop en visie vir klein gemeentes

Wat hou die toekoms in vir klein gemeentes wat al hoe kleiner word en met groot uitdagings soos finansies, leierskap en instandhouding worstel?
In ’n treffende bydrae op RSG se Binnekamer vertel ds. Francois Retief van die Oostelike Sinode se werkswinkels en gesprekke wat nuwe hoop bring. Die fokus val op identiteit, roeping, bediening en gemeenskapsbetrokkenheid – met inspirerende stories uit plekke soos Badplaas en Blinkpan.
Luister gerus na die klankopname of lees die volledige teks en ontdek hoe God steeds groot dinge deur klein gemeentes doen.