Skip to main content

Groot Predikante-byeenkoms vir Junie 2023 beplan

Vanjaar word alle predikante in Oos-Kaapland genooi om drie dae saam by die Willows-konferensiesentrum (teen die see net buite die Baai) te kom spandeer, van 6-8 Junie 2023. 

Die doel van die byeenkoms, is:

  • Saam kuier, mekaar vier en mekaar leer ken
  • Bemoediging en geestelike inspirasie
  • Wat doen God rondom ons en met ons?

Teken asseblief hierdie datum nou reeds in jou dagboek aan. Reรซl met die kerkraad. Ringe word versoek om die reiskoste van leraars te dra.

Ons reรซl huisvesting by Willows vir leraars van buite die stad. Ons het ‘n afspraak met mekaar.

Hou jou e-pos dop vir meer inligting en ‘n skakel na die inskrywingsvorm