Meer oor argitek Wynand Louw se ikoniese kerkgeboue
Albert Geldenhuys het onlangs sy verhandeling ingedien oor die kerkgebou wat deur die argitek Wynand H. Louw geteken is. Die verhandeling bevat kosbare inligting oor kerkgeboue in die Oos-Kaap deur Louw ontwerp.

Twee ikoniese kergeboue, PE-Moedergemeente (1909), neo-Goties in ontwerp, en Uitenhage Moedergemeente se tweede kerk (1927), ‘n Griekse kruisvormige kerk, is deur Louw ontwerp.
Geskiedenisliefhebbers sal dit geniet om meer te lees oor die man, wat erken word as die eerste Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner wat formele opleiding as argitek ontvang het. Hy het sy opleiding in London voltooi en in 1909 die kommissie ontvang om die planne vir die NG Kerk Port-Elizabeth se nuwe kerkgebou op te trek. Vir meer as 50 jaar kan ons sy spore deur ons kerklandskap volg.

Daar word gereken dat Louw en sy praktyk by by die bou, herstel of restourasie van ongeveer 160 kerklike geboue betrokke was. Dit sluit kerke en kerksale in.
Klik hier om Albert Geldenhuys se verhandeling gratis af te laai.