Skip to main content

Waar staan die NG Kerk na die afgelope Algemene Sinode?

RSG se Op-en-Wakkerspan het op 25 Oktober ‘n onderhoud met ds Jan Lubbe, moderator van die pasafgelope Algemene Sinode gevoer. 

“Die NG Kerk se 18e Algemene Sinode het ten einde geloop. Die sinode is voorafgegaan deur erge meningsverskille oor ‘n aantal kwessies, onder meer verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag. Volgens die politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood, bly die NG Kerk een van die belangrikste en grootste netwerke in Suid-Afrika. Ons praat oor die sinode met ds. Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk.”

Klik hier om na die werklik insiggewende gesprek te luister.

Nuwe leiers

By die algemene sinode is die jongste onder-voorsitter sedert die Algemene Sinode in 1962 tot stand gekom het, ook verkies. Dit is die 39-jarige ds Maartje van der Westhuizen. Luister na ‘n Op-en-Wakkergesprek op RSG met Jan Lubbe en Maartje van der Westhuizen.