Skip to main content

Armoede en werkloosheid: die enkele grootste uitdaging in SA

Mense wat op die gebied van jeugontwikkeling werk, kyk dikwels na werkloosheid vanuit die oogpunt van vraag en aanbod. Aan die een kant vra dit groter belegging in vaardigheidsontwikkeling en goeie onderwys. Aan die ander kant gaan dit oor werkskepping en ekonomiese groei.

In Suid-Afrika, waar armoede wydverspreid en ongelykheid groot is, kyk ons egter dikwels ’n belangrike deel van dié kwessie mis. Hoe beïnvloed dit ’n jongmens se vermoë om geleenthede raak te sien, toegang daartoe te kry en dit te behou wanneer hulle in armoede leef?

Armoede raak elke deel van ’n jongmens se lewe. Dit beperk hul toegang tot basiese middele en raak ook hul selfvertroue. Beleid moet ook aandag gee aan hierdie minder sigbare uitwerking van armoede. Dit vra belegging in programme wat op navorsing en ervaring gegrond is.

Luister gerus na hierdie boeiende podsending oor die belangrike tema.