Skip to main content

Die besondere verhaal van die Gariepdam

Die Gariepdam is ‘n bron van lewe op vele vlakke in die Oos-Kaap. Danksy die Ovistontonnel wat die dam met die Groot Visrivier verbind, word die landboupotensiaal van groot dele van die Oos-Kaapse Karoo verwesenlik. Water vloei ook na die Sondagsriviervallei, en daarvandaan – via die Nooitgedachtskema – na die droogtegeteisterde Nelson Mandelabaai. Sonder hierdie water sou diĆ© metropool nou letterlik sonder water wees.

Die hidro-elektriese kragopwekkingseenheid dra boonop by tot die Oos-Kaapse kragnetwerk.

Waar kom hierdie dam, die grootste dam in Suid-Afrika, vandaan? Joernalis Juliette du Toit van Cradock vertel die besondere geskiedenis, wat selfs verbind kan word met die noodsaak om vertroue in die SA-ekonomie na Sharpeville te bevestig.

Sy neem ons ook op ‘n reis deur die damwal. Lees die artikel wat aanlyn by Daily Maverick verskyn het.