Die agenda en ‘n addendum tot die agenda vir die vergadering van die Algemene Sinode 2023 is gepubliseer. Die vergadering word van 15-20 Oktober 2023 by die Birchwood Konferensiesentrum gehou.
Hierdie aanbieding word deur die Ring van Albanie gereël.
Plek: NG Gemeente Alexandria
Datum: Saterdag 16 September 2023
Tyd: 09:00-14:00
RSVP: 8 September 2023 (Ruan: 082 562 6451)
Tema: Familie en Jeugbediening – skuif aan ons grense?
Aanbieder: Anriëtte de Ridder (PSD Weskaapland: Familie en Jeugbediening)
Agtergrond: Anriëtte is een van die voorste navorsers en fasiliteerders wanneer dit by familie en Jeugbediening kom. Nie net het sy ontsaglik baie bedieningservaring nie, maar is ook deel van ‘n netwerk wat op die voorpunt van navorsing, tendense en idees is.
Hoe dink ons nuut oor familie en jeug bediening in kontekste wat aanhoudend aan die verander is. Anriëtte gaan ons in ‘n praktiese werkswinkel begelei en fasiliteer om juis hierdie vraag sinvol te antwoord. Vir meer inligting, kontak Ruan Nieuwenhuizen by 082 562 6451 of ds.ruan@outlook.com
Gesprekleier: Anriëtte de Ridder (PSD Weskaapland: Familie en Jeugbediening) ‘n Oop gesprek oor Familie en Jeugbediening wat spasie skep om idees, uitdagings en tendense te deel. Hierdie spasie skenk ons die geleentheid na mekaar te luister en by mekaar te leer. Vir meer inligting, kontak Ruan Nieuwenhuizen by 082 562 6451 of ds.ruan@outlook.com RSVP: 14 September 2023 (Ruan: 082 562 6451)
In hierdie kursus deur prof Wentzel Coetzer van die Noordwes-Universiteit (aanlyn aangebied op 15 Augustus 2023) fokus hy op die pastorale begeleidingsproses tot heling en herstel na traumatiese ervarings soos plaasmoorde, motorkapings, aanranding, verkragting, bankrowe, geweldsmisdaad, ens. Talle praktiese voorbeelde is bespreek. Kyk gerus daarna – klik hier.
Die aanlyn byeenkoms is deur meer as 140 persone bygewoon.
Liturgie vir Sondag van Barmhartigheid – 27 Augustus 2023
Die laaste Sondag van Augustus fokus NG gemeentes op barmhartigheid. Franciskus het onlangs opgemerk dat “Genade die naam van ons God is”. Dié God wat van ons vra om nie te oordeel en te veroordeel nie, maar om te vergewe en lief te hê, en om dit oor en oor te doen.
Dit is die uitdaging waartoe ons elke dag geroep word. In ons gedagtes, deur wat ons sê en deur ons optrede. Ons is geroep om lief te hê en medelydend te wees. Ons word geroep om deernis te hê en bedagsaam te wees. Ons is geroep om barmhartig te wees, net soos ons Vader barmhartig is.
Vanjaar is die fokus op kinderbeskerming, ‘n taak waarby ons kerk hier in die Oos-Kaap ten nouste deur die Christelike Maatskaplike Raad betrokke is. Gemeentes kan gerus ‘n maatskaplike werker van die CMR of ‘n ander maatskaplike organisasies nooi om in die erediens ‘n kort inset oor kinderbeskerming te doen.
Ds Nioma Venter en ds Sean Esterhuizen het ‘n liturgie saamgestel wat gemeentes tydens die erediens op 27 Augustus 2023 kan gebruik. Klik hier om dit te besigtig – Afrikaans – Engels.
Prof Kobus Schoeman het tydens die onlangse vergadering van die Algemene Sinodale Moderamen data van Kerkspieël gebruik om die impak van die pandemie op NG gemeentes toe te lig. Die jongste Kerkspieëlopname is in 2022 gemaak, wat ‘n eerste belangrike blik op die effek van Covid-19 maak..
Een van die gevolge is besliste finansiële druk op gemeentes. Schoeman het die tendens sedert 2010 uitgewys:
Dit is duidelik dat meer en meer gemeentes deur finansiële uitdagings in die gesig gestaar word.
Schoeman wys uit dat daar steeds gemeentes is wat groei, selfs dinamies groei, maar dat blote instandhouding steeds ‘n groot aantal se bestaan kenmerk. Hy toon ook dat bestendige gemeentes oorwegend ‘n missionale ingesteldheid in hul bediening handhaaf.
Klik hier om Schoeman se volledige aanbieding af te laai.
Die NG Kerk het op 13 Augustus 2023 regdeur Suid-Afrika, Namibië en ook in ander buurlande verootmoedigings – en voorbiddingseredienste gehou. Daar is vir ons lande gebid. Die dagbestuur van die algemene Sinode het ook ‘n verootmoedigingsdiens landswyd op sosiale media gestroom. Kyk hieronder daarna:
Gemeentes uit Oos-Kaapland het ruim bygedra om hulp aan oorlogslaggoffers in die Oekraïne te verleen deur van plaaslike Oekraïniese gemeentelike leierskap gebruik te maak. Die inisiatief is deur die sinodale kantoor en Ring van Sondagsrivier koördineer.
Ons het volledig verslag oor die aanwending van die jongste fondse ontvang (lees dit gerus), wat as volg begin:
Dear Ds Danie, Ds Arrie and your respective church leaderships and church members. On behalf of all the people you have helped we want to thank for standing with us in this difficult time. Thank you for prayer, encouragement, and financial help. If I can just add that, I want to thank you for entrusting me with your funds. These people and churches we helped, I have relationships with, and I trust them explicitly. Even if I gave them funds and specified for their personal needs I know they always put others needs before themselves.
Keith, die projekkoördineerder in Oekraïne, skryf dikwels op Whatsapp hoe groot die worsteling is om mense geestelik in so ‘n situasie te bedien:
Yes we can say the best option is to evacuate. Well not so easy. Most of the folk are elderly, some are invalids, some are bedridden. What waits ahead? Yes people help and are very kind but the trauma of the unknown and moving is too terrible for some of them to even consider. In these communities they really care for each other, and they know each others needs. It is again one of these situations when I feel my heart can “burst” from hearing and seeing such pain and suffering. Again it is not one or two people but literally a few hundred. Again to say I will pray seems so empty.
Geld is onder meer vir die volgende gebruik:
Voeding
Uitreike na jongmense en gemeentes
Pastorale besoeke aan geteisterde gemeenskappe
Verkondiging van die evangelie en getuienis oor Jesus Christus.
Die meegaande verslag rapporteer slegs oor die laaste van drie bedrae wat oorbetaal is, tw R24,770. Voorheen is reeds R165,200 oorbetaal, wat die totaal op R188,970.47 te staan bring.
‘n Kerklike uitreikspan vervoer noodvoorrade in Oekraïne
Die Lentekonferensie word van 19-21 September in persoon by Universiteitsoord en die Universiteit van Pretoria aangebied.
Die brosjure en die program vir die konferensie is beskikbaar op Excelsus se webblad. Gebruik die brosjure om jou keuses op die aanlyn inskrywingsvorm te maak.
In hierdie aanlyn-kursus word daar gefokus op die pastorale begeleidingsproses tot heling en herstel na traumatiese ervarings soos plaasmoorde, motorkapings, aanranding, verkragting, bankrowe, geweldsmisdaad, ens.
Die kursus word op Zoom deur prof Wentzel Coetzer aangebied.
Talle praktiese voor- beelde sal bespreek word aan die hand van aspekte soos die volgende: – Wat gebeur wanneer ʼn persoon trauma beleef? – Post-traumatiese stresversteuring – Die noue verband tussen liggaam, gees en emosies – Faktore wat die genesingsproses kan bevorder – Hoe bid ons saam met ʼn getraumatiseerde persoon? – Die sin-vraag na trauma – ʼn Pastorale model vir die begeleiding van trauma slagoffers – Toegerus om toekomstige trauma te hanteer