#IMAGINE 2025 vorm, vier geloof en bemagtig tieners

Die #Imagine Experience is ‘n nasionale jeugbeweging wat instrumenteel is om jong denke regoor Suid-Afrika te vorm. Elke jaar bied ons dinamiese naweek byeenkomste aan wat ontwerp is om die verbeelding van tieners aan te wakker en hulle toe te rus met praktiese hulpmiddels om betekenisvolle bydraes tot hul gemeentes en gemeenskappe te maak.
‘n Fokus area bly om tieners te help verstaan wat hulle kan wees as hulle identiteit in Christus gevind word. Ons glo steeds dat God dinge kan doen wat hoër en ver bo alles is wat ons kan droom of hoop. (Ef 3:20)
Ons missie is diep gewortel in:
- Transformasie: Inspireer tieners om ‘n beter toekoms voor te stel en aktief daaraan te werk.
- Diversiteit en Eenheid: Oorbrug gapings oor rasse-, kulturele en sosio-ekonomiese skeidings deur jongmense van uiteenlopende agtergronde bymekaar te bring.
- Bemagtiging: Die verskaffing van praktiese werkswinkels en vaardigheidsbousessies wat tieners voorberei vir werklike uitdagings en geleenthede.
4-6 April 2025
Oos Kaap – Jeffreysbaai, Jeffreysbaai Karavaan Park
Wes Kaap – Bredasdorp, Bredasdorp Park
Vrystaat – Bothaville, Nampo Park
Wat en wie?
- Gemeentes dwarsoor Suid-Afrika bring groepe tieners met hulle leiers.
- Tieners van diverse agtergronde, tale en denominasies word almal verwelkom.
- Almal kamp in tente – seuns en meisies in aparte areas, maar saam met hulle gemeenteleiers.
- Etes word voorsien.
Tye?
- Registrasie open 8:00 op 4 April. Kamp word heel oggend opgeslaan. Middagete op eie koste by stalletjies.
- Leierstoerusting om 13:00 / 14:00 / 15:00
- Die program begin Vrydag 16:00
- Die program eindig Sondag11:00 (vertrektyd 12:00)
Hoe? - ‘n Naweek van groei en viering wat tieners se geloof in Jesus, asook hulle roeping om ‘n verskil te maak, wil versterk.
- Sessies met lof en aanbidding, sprekers, gebedstasies en groeptyd asook werkswinkels en hope pret!
Koste?
- Oos Kaap = R 650-00 (tieners, leiers of vrywilligers)
- Wes Kaap en Vrystaat = R750 per kaartjie
- Gesels met ons as finansies ‘n uitdaging is.
Registrasie?
- Gemeentes wat tieners wil bring, registreer as Group Admin by: https://imaginemovement.co.za/leader-registration/
- As jy reeds voorheed geregistreer het, hoef jy nie weer as gemeente te registreer nie. Jy kan net weer login sodra die kaartjie verkope oop maak.
- Gemeentes word aangemoedig om in dorpsverband met ander gemeentes en skole saam te werk.
- Gemeentes identifiseer en registreer geskikte leiers (1 leier per groep van 10 of minder seuns of dogters)
- Gemeentes adverteer en gee inskrywingsvorms uit
- Tieners skryf by hierdie gemeentes in mbv die inskrywingsvorm
- Gemeentes is self verantwoordelik vir vervoer (hulle reël dit en kan ‘n ekstra fooi vir tieners hiervoor vra indien nodig).
Navrae:
info@imaginemovement.co.za
Bemarkings materiaal – Kliek op die skakel hieronder. Hier sal jy videos, posters en slides kan aflaai en gebruik in eredienste en sosiale media.
Oos Kaap – https://drive.google.com/drive/folders/117t20vF0ekxHrHHotajejHLhtdyb5-pB?usp=sharing
Gemeentes / individue wat wil help met:
- gebedstasies oprig en beman (encounter stations)
- werkswinkels aanbied
- vrywilligers vir die care team (gebed/beradingspan)
- vrywilligers vir agter die skerms werk
- donasies vir borge aan minderbevoorregte jeug
- busvervoer kontakte
- t-hemde of pette of ander items wil borg (met of sonder branding van ‘n maatskappy)
- stalletjies (kos of ander produkte)
Neem vrymoedigheid om Ds.Barbara-Mari Jacobs te kontak by 0849006816
of vir enige ander navrae rondom inskrywings kontak Adele by 072 276 5999
Ons sien uit om die #imagine familie weer saam te verwelkom en ‘n nuwe generasie #imagine jongmense se hande te neem!